Produkbeskrywing
MOI is ‘n holistiese hoërskoolbeursprograam wat gerig is op omvattende ondersteuning aan behoeftige, bruin Afrikaanse leerders met sterk leierseienskappe, goeie karakter en die wil om te leer en presteer.
Daar word 84 hoërskoolleerders in 14 top hoërskole in die wynlande ondersteun met 20 leerders wat Graad 12 in 2024 voltooi.
Ondersteun die MOI program deur ‘n leerder se skoolfonds te borg of ‘n bydrae tot akademiese materiaal of buitemuurse aktiwiteite te maak.
Gemiddelde koste vir skoolfonds, skoolklere, akademiese ondersteuning, buitemuurse aktiwiteite, blootstellingsgeleenthede, loopbaangereedheid, leierskapontwikkeling en vervoer beloop gemiddeld R 100 000 vir dagstudente en R 153 000 vir studente wat in skoolkoshuise gehuisves word.