Produk Beskrywing

By Atterbury Trust glo ons in almal se potensiaal om hoë hoogtes te bereik, om die lewe voluit te lewe, om met talente te woeker. Ons bied egter die volgende dienste:

  • Studiebeurslenings aan behoeftige Afrikaanse jong mense met potensiaal wat ons help om hul drome te bereik.
  • Atterbury Trust se skoleprojekte , baie behoeftige kinders in skole het basiese dinge soos kos, klere en gerieflike klaskamers nodig.
  • Ons ondersteun ook die Triomfkliniek. Hierdie fasiliteit, waar dokters hul tyd gratis verskaf, maak seker behoeftige pasiënte ontvang sorg met waardigheid.
  • Ons is betrokke by verskeie inisiatiewe wat ’n liefde vir kuns en kultuur onder veral skoolgaande kinders, aanwakker.

Met jou hulp kan ons ‘n groter impak in Suid-Afrika maak deur meer projekte te ondersteun.

Jou donasie sal kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A belastingsertifikaat wat aftrekbaar is vir belastingdoeleindes. Vul gerus die besonderhede aan wie die sertifikaat uitgemaak moet word by Faktuurbesonderhede in. Indien jy ‘n spesifieke bydrae vir een van die bogenoemde inisiatiewe wil maak voeg dit asb in Bykomende infomasie in.

Vir enige verdere navrae kontak gerus [email protected].

Voorgestelde donasie bedrae

  • R5 000
  • R10 000
  • R30 000
  • R60 000
  • R100 000
  • Eie bedrag