Produk Beskrywing

By Atterbury Trust glo ons in almal se potensiaal om hoë hoogtes te bereik, om die lewe voluit te lewe, om met talente te woeker. Dit is hoekom ons al vir amper 20 jaar studiebeurse aan behoeftige Afrikaanse jong mense met potensiaal toeken om hul drome te help bereik, nie net omdat ons kan nie, maar omdat ons wil.

Met jou hulp kan ons ‘n groter impak in Suid-Afrika maak deur meer studente te ondersteun.

Die gemiddelde studiekoste per student word ongeveer op R50 000 – R60 000 per jaar beraam. Jou donasie sal kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A belastingsertifikaat wat aftrekbaar is vir belastingdoeleindes. Vul gerus die besonderhede aan wie die sertifikaat uitgemaak moet word by Faktuurbesonderhede in.

Vir enige verdere navrae kontak gerus [email protected].

Voorgestelde donasiebedrae

  • R40 000
  • R50 000
  • R60 000
  • R100 000
  • Eie bedrag