Skip to content
Kategorie:

Studente rentevrye studiebeurslenings

Die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief bied aan ’n nuwe generasie leiers die geleentheid om kwalifikasies sonder finansiële las te verwerf en daarna via ons netwerk van medewerkers en ondersteuners die werkmag te betree. Hierdie inisiatief beloof om studente se totale voor- en in sommige gevalle nagraadse studiekoste te dek, insluitend klasgelde, registrasiefooie en boekgelde.

Met jou hulp kan ons ‘n groter impak in Suid-Afrika maak deur meer studente te ondersteun.

Die gemiddelde studiekoste per student word ongeveer op R75 000 per jaar beraam. Jou donasie sal kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A belastingsertifikaat wat aftrekbaar is vir belastingdoeleindes. Vul gerus die besonderhede aan wie die sertifikaat uitgemaak moet word by Faktuurbesonderhede in.

Vir enige verdere navrae kontak gerus ananja@atterbury.co.za.

LEES MEER

Minimum prys: R250.00