Atterbury Trust
Rentevrye studiebeurslenings
Ons studente is ons trots; ons belê al vir meer as 25 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer. Bykans 862 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2024 is daar ongeveer 160 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.
Dit gaan egter nie net oor geldelike hulp nie. Mentorskap is vir Atterbury Trust belangrik en daarom word verhoudings met ons beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Ons hou jaarliks beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein en vind dat die informele skakeling beslis die bande met ons studente versterk.
Die kortlys vir Atterbury Trust beursleningaansoeke vir 2025 word in Oktober 2024 gefinaliseer.
Die volgende kriteria vir beursaansoeke word oorweeg:
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees – NSFAS webtuiste
*Indien jy by ‘n privaat instansie gaan studeer moet jy ook bewys lewer van jou aansoek vir ‘n ander beurs of lening.
Vir enige beurslening navrae kontak: [email protected]
Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.
Hallo Zahn
Dankie vir jou dankie! Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring!
Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie. Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!
Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het. Deel dit gerus om ander ook te inspireer!
Groete
Lindie Strydom
GrootFM 90.5 Projekorganiseerder
Studente Stories
’n Gebore “juffrou”
Chrisna van Staden, 21, is ’n derde-jaar onderwysstudent, besig met haar B Ed by Unisa. Sy glo daaraan om elke [...]
Genoeg steun om Pukke Afrikaans te hou, sê prof
ʼn Onlangse inskrywing op die Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis se Facebook-blad, waar hy vra vir steun om die [...]
Kom trek gerus in!
Ons betrokkenheid as aandeelhouer in die Isa Carstens Akademie en die nuwe kampus is ’n rol wat Atterbury baie geniet, [...]
Nobelpryswenner steun veldtog teen nuwe taalbeleid
Die Nobelpryswenner JM Coetzee en die bekende Britse oud-diplomaat lord Robin Renwick, het onlangs hul steun verleen aan die Gelyke [...]
’n Waardige wenner
Die oorhandiging van die Teresa Lister-toekenning is altyd ‘n geleentheid waarna Atterbury uitsien, en vanjaar was dit ‘n besondere plesier [...]
Wie is ons beursstudente?
Met Paasnaweek agter ons, beteken dit Atterbury se splinternuwe beursstudente is amper nie meer nuwelinge op universiteit nie! Vanjaar is [...]
Van bloed trek tot babas vang…
Werner du Preez van Centurion voltooi die driemanskap van Atterbury beursprogram se eerste gekwalifiseerde mediese dokters wat 2016 die arbeidsmark [...]
Die “koshuis” van die toekoms
CampusKey verskaf premium verblyf aan studente by ‘n groeiende aantal Suid-Afrikaanse universiteite, en het saamgespan met Atterbury om twee van [...]
“Dr Knoetzen na Ongevalle!”
Atterbury is baie trots om vanjaar drie splinternuwe mediese dokters die wêreld in te stuur. Monique Knoetzen, wat by die [...]
Sterker, fikser, vinniger – so maak mens ’n wenner!
Atterbury se borgskap van die Akademia Sakeplankompetisie bring ons elke jaar in kontak met wonderlike verhale van entrepreneurskap. Vanjaar se [...]
Eerstejaar en reeds ’n Atterbury veteraan!
Atterbury Trust se studiebeurse is gemik op tersiëre opvoeding van jong uitblinkers wat finansiële hulp nodig het, maar van tyd [...]
Boumagnaat in wording…
Vroeg in 2015 het ons met Percival van der Walt (bo regs saam met sy vennoot Wenzel Appelgryn) gesels oor [...]