Atterbury Trust
Rentevrye studiebeurslenings
Ons studente is ons trots; ons belê al vir meer as 25 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer. Bykans 862 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2024 is daar ongeveer 160 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.
Dit gaan egter nie net oor geldelike hulp nie. Mentorskap is vir Atterbury Trust belangrik en daarom word verhoudings met ons beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Ons hou jaarliks beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein en vind dat die informele skakeling beslis die bande met ons studente versterk.
Die kortlys vir Atterbury Trust beursleningaansoeke vir 2025 word in Oktober 2024 gefinaliseer.
Die volgende kriteria vir beursaansoeke word oorweeg:
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees – NSFAS webtuiste
*Indien jy by ‘n privaat instansie gaan studeer moet jy ook bewys lewer van jou aansoek vir ‘n ander beurs of lening.
Vir enige beurslening navrae kontak: [email protected]
Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.
Hallo Zahn
Dankie vir jou dankie! Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring!
Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie. Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!
Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het. Deel dit gerus om ander ook te inspireer!
Groete
Lindie Strydom
GrootFM 90.5 Projekorganiseerder
Studente Stories
’n Geheime wapen vir Atterbury Trust se studentesukses
Vir Atterbury Trust is dit geweldig belangrik om benewens die finansiële hulp wat ons namens ons borge bestuur, vir elkeen [...]
Regte en geregtigheid
Een aspek wat alle Atterburybeursstudente in gemeen het, is dat hulle wyer kyk as akademie, en almal besig is om hul ook voor te berei vir ’n lewe waar hulle diens kan lewer aan ander en ’n impak kan maak in hulle gemeenskap. Ons gesels met Oelof Stander.
Wiskunde haar kos, diens haar droom
Om met voormalige Atterbury beurshouer Tamaryn du Preez te gesels, is om te besef watter waardevolle hulpbron die volgende generasie [...]
Van beurshouer tot kollega
Dis een van die groot vreugdes vir die Atterbury Trust beurspaneel om te kan waarneem, hoe ‘n skugter matrikulant oor ‘n [...]
Op ’n hoë noot
Dis nou maar een ding van ons Atterburybeursstudente – hulle gryp geleenthede aan en blink uit in meer as net [...]
Sport en studies op Stellenbosch!
Johann Joubert (ons hoor sy bynaam op Paul Roos se rugbyveld was “Vlam”), is een van Atterbury se splinternuwe beursstudente, [...]
Atterburystudent wys aanhouer wen
Al werk dinge nie altyd die eerste keer uit nie, verrig ‘n kombinasie van vasberadenheid, deursettingsvermoë en harde werk soms [...]
’n Nuwe begin danksy ‘n Atterbury Trust se helpende hand
Soos die jaar begin, skud 78 nuwe Atterbury Trust beursstudente hulle stertvere reg vir die nuwe akademiese jaar. Een van [...]
Drome sonder grense
Die Atterbury Trust beursprogram gee ons die geleentheid om inspirerende jongmense te ontmoet wat planne maak om Suid-Afrika, Afrika en [...]
Hoe Atterbury die opvoedingskrisis benader
Atterbury probeer met sy beursprogram om op ‘n sinvolle manier by te dra tot die ontwikkeling van die volgende generasie, [...]
’n Oog vir mode
Atterbury Trust beurstudent Charlene Pretorius het ’n oog vir styl, en het onlangs ’n mode-ontwerpprys losgeslaan by die Noordwesuniversiteit op [...]
’n Man maak ’n plan
Een ding wat jy van Atterbury Trust -beursstudente kan sê is dat hulle altyd vol planne is, en omgee vir [...]