Karoo Suite 2: Ons Karoo, Deluxe uitgawe

R1 000R1 100 Including VAT

Out of stock

*Neem asb kennis dat alle bestellings wat teen die 12de Desember 2021 geplaas word sal afgelewer word voor Kersfees en enige bestellings na die 12de Desember 2021 geplaas sal eers van die 3de Januarie 2021 afgelewer word.

SKU: 200 Category:

Produk Beskrywing

Karoo Suite 2: Ons Karoo, Deluxe uitgawe

PRODUK-INLIGTING

Die boek sal ongeveer gedurende die verloop van Julie 2021 beskibaar word.

Ons Karoo, Hemel en Aarde, Hart en Siel is Coenie de Villiers en Deon Meyer se asemrowende tweede boek in hulle gewilde Karoo Suite reeks. Karoo Suite is ’n storie-vertelling wat die wonder van die Karoo vier met woorde, beelde en musiek.

Nou kan jy die Deluxe uitgawe van hierdie uitmuntende publikasie bestel. Ons Karoo se Deluxe uitgawe is in luukse verpakking gehul en elkeen afsonderlik genommer. Coenie en Deon het ook elke boek persoonlik geteken. Verder bevat al hierdie spesiale uitgawes ’n unieke skakel na video opnames van die musiek-en-gesels uitvoerings van Karoo Suite 1 en 2.

Word meegevoer na die magiese Karoo in die bladsye van Ons Karoo, Hemel en Aarde, Hart en Siel en vind só lafenis vir jou eie hart en siel.

Slegs ‘n beperkte hoeveelheid Deluxe uitgawes is beskikbaar, so bestel dadelik om teleurstelling te vermy.

Ons Karoo, Hemel en Aarde, Hart en Siel verskyn amptelik teen Junie 2021. Met jou bestelling is jy dus verseker van jou eie kopie.

Hierdie luukse koffietafelboek is ’n geskenk duisend wat jy ook vir iemand ná aan jou kan aankoop, want ons weet hoe lief ons almal is vir die wonderskone Karoo.

Bestel sommer meer as een uitgawe van Ons Karoo, Hemel en Aarde nou en kies of jy jou boeke by Atterbury wil optel en of ons dit teen ’n ekstra koste van R100 per boek vir jou kan aanstuur.

Karoo Suite 2: Ons Karoo, Deluxe uitgawe is geskep in samewerking met Atterbury Trust. Die opbrengs van die verkope van die boek word aangewend vir hulpverleningsinisiatiewe van Atterbury Trust

 

*Neem asb kennis dat alle bestellings wat teen die 12de Desember 2021 geplaas word sal afgelewer word voor Kersfees en enige bestellings na die 12de Desember 2021 geplaas sal eers van die 3de Januarie 2021 afgelewer word.

 

Title

Go to Top