Skip to content
Menu
Menu

Tebello Sukwene “He’s Alive” toer

Tebello Sukwene sal haar debuut gospel album en “He’s Alive” toer by die AtterburyTeater op 19 Junie bekendstel.

Die album wat laas jaar in Oktober vrygestel is, is bo-aan die iTunes-trefferlys en is tans tweede op die gospel trefferlys en  # 18 op die algemene lys.

Tebello Sukwene het voorheen as ‘n sopraan-agtergrondsanger vir baie gerespekteerde musikante regoor verskeie musiekgenres in die laaste 10 jaar in Suid-Afrika gewerk soos Hugh Masekela, Sibongile Khumalo, Sizwe Zakho, Simphiwe Dana, Rebecca Malope, Lira, Benjamin Dube en die produktiewe gospel groep: “Joyous Celebration”.

Die vertoning by Atterbury vorm ook deel van die toer wat regoor Suid-Afrika opgevoer gaan word.

Die deure maak 18:00 oop.