Skip to content
Menu
Menu

Vinkel en Koljander

“Vinkel en Koljander” is ’n opwindende samekoms van twee kunstenaars vanuit teenoorgestelde spektrums van ons land se musiek. Andriëtte het ’n reuse stem. Schalk is ’n baskitaar-virtuoos. En die oomblik wanneer hulle saam begin musiek maak, maak alles sin. Hulle pak ’n intieme, dog energieke reis aan waarin hulle hul eie musiek en van vele Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Johnny Clegg en Miriam Makeba tot dié van internasionale sterre soos Paul Simon besoek. Schalk kan dit speel, Andriëtte kan dit sing. Dié produksie, met van Suid-Afrika se beste musikante, beloof om opwindend, insiggewend en van die hoogste gehalte te wees.

Saam met hulle op die verhoog:  Janine Neetling is op die klavier en Hugo Radyn op tromme.

20 en 21 Junie. Kaartjies R130