Tussen 14 en 17 Oktober 2021 vind die opwindende Noord-Suid T20 Skolekriekettoernooi 2021 weer plaas.

By Atterbury Trust is ons mal oor sport, want deelname aan positiewe, fisiese en mededingende aktiwiteite is iets wat ons na aan die hart lê. Krieket is een van ons gunsteling sportsoorte en daarom is dit ’n voorreg om hierdie jaar weer betrokke te wees as een van die borge van die Noord-Suid T20 Skolekriekettoernooi 2021.

Die 16 deelnemende skole is: Grey College Secondary, Grey High School, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Centurion, Hoërskool Marais Viljoen High School, Die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Waterkloof, Northwood School, Rondebosch Boys’ High School, The South African College School (SACS), St Andrew’s School, St Andrew’s College, Westville Boys’ High School en Wynberg Boys’ High School.

Die toernooi vind op verskeie velde in Pretoria en omgewing plaas en is opgedeel in vier groepe van vier skole elk, wat uitdun na uitspeelwedstryde en ’n finaal op 17 Oktober 2021.

WeBuyCars is saam met Atterbury Trust ’n trotse medeborg van die toernooi, wat deur die skole Hoërskool Waterkloof, Die Hoërskool Menlopark en Hoërskool Centurion gereël word.

Klik hier en laai die Noord-Suid T20 Skolekriekettoernooi 2021 brosjure as ’n PDF dokument af. Dit bevat volledige inligting rakende al die aspekte van die toernooi.