As deel van ons Vrouedagvieringe vandeesmaand het ons die fenomenale vroue wat by Atterbury Trust werksaam is, gevra om een pret-vraag te beantwoord om hulle bietjie beter te leer ken.
Vraag: Waar sou jy dalk gewerk het as jy nie by die Trust was nie?
Zahn Hulme
uitvoerende trustee, bemarking en handelsmerkbestuur
Ek is mal daaroor om te reis en nuwe plekke te ontdek en te ervaar. Ek hou ook baie van skryf en dink ’n ideale werk vir my sou ’n reis-blogger wees.
Ananja Koen
finansiële en operasionele bestuurder
Ek wou al van kleins af ’n haarkapper wees, maar my ma het my oortuig om eerder universiteit toe te gaan. Ek sou dan enige iets anders wat ek wou doen kon aanpak nadat ek my graad verwerf het. Dit het toe gebeur dat ek rekeningkunde so baie geniet het dat ek toe nooit die haarsalon-wêreld betree het nie.
Surisa Schwalb
Atterbury Trust Wes-Kaap – finansiële en projekbestuurder
Hhhhhm… As ek nie by die trust gewerk het nie… dalk by Babylonstoren! Moet heerlik wees om elke dag in so ’n mooi omgewing te kan werk.
Jenene Petersen
Atterbury Trust Wes-Kaap – MOI-projekbestuurder
’n Sportprestasie-afrigter. Die dissipline en energie van atlete is van die waardes wat in enige werkplek nodig is. Ek soek altyd ’n geleentheid om atlete en leerders te motiveer en te help om hul vermoëns te optimaliseer deur ’n sielkundige en geestelike benadering.
Simonet de Villiers
Atterbury Trust Wes-Kaap – MOI-koördineerder
’n Gorilla spoorsnyer in Rwanda.
Danelle Strydom
studente- en projek-koördineerder
Ons gesin sou iewers op ’n eiland gewoon het. Ek sou deur die dag skool gee vir minder bevoorregte kinders en in die aand sou ons ’n restaurant bedryf het.
Jana Wilbers
rekenmeester
Kyk, laat ek net eers vir julle sê, Atterbury Trust is beslis my droom werk, maar indien ek nie nou by Atterbury Trust gewerk het nie, sou ek bitter graag ’n ROCKSTAR wou word!
Leonie du Preez
lewens-afrigter
Ek sou graag ’n sneeu-ski afrigter in die Alpe wou wees. LOL! Ja-nee, ek verlang baie na ’n lekker lang oorsese vakansie, veral om tyd te spandeer op ’n wonderskone plek.
Deané Sealie
Triomf Kliniek administratiewe beampte
Ek sou waarskynlik by ’n veearts gaan werk het as ’n assistent vir een van die hoof veeartse.








