Atterbury Acappella-kompetisie
By die Atterbury Trust lê drie kernaspekte ons na aan die hart: studente, gemeenskap en kultuur. Wat die Atterbury A cappella-kompetisie so spesiaal maak, is dat dit hierdie drie elemente op unieke wyse saamweef.
Die idee hiervoor het gekom van ’n alumni Atterbury Trust beursstudent wat ’n vurige pleidooi gelewer het om studente- a cappella (of “sêr” soos dit algemeen bekendstaan) weer na die verhoog te bring.
Ons het dié geleentheid met entoesiasme aangegryp en die kompetisie bied sedert 2023 ’n waardevolle platform vir jong musiektalent om hul liefde vir musiek en verhoogkuns ten volle uit te leef.