Skip to content
Kategorie:

Algemene donasies

Oor die afgelope drie dekades het Atterbury Trust met die hulp van ’n menigte wat graag gee, gegroei tot ’n welwillendheidsorganisasie wat hulp oor ’n breë front verskaf aan dié van ons wat dit werklik nodig het. Ons ondersteun Afrikaanse studente en opvoeding, verskaf geskenkte landbouprodukte aan hulpbehoewendes, maak seker behoeftige mense ontvang mediese sorg met waardigheid, help om Afrikaanse uitvoerende kunste en musiek vooruit te laat boer en bevorder hulpverlening in sorgbehoewende gemeenskappe.

Met jou hulp kan ons ‘n groter impak in Suid-Afrika maak deur meer projekte te ondersteun.

Jou donasie sal kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A belastingsertifikaat wat aftrekbaar is vir belastingdoeleindes. Vul gerus die besonderhede aan wie die sertifikaat uitgemaak moet word by Faktuurbesonderhede in. Indien jy ‘n spesifieke bydrae vir een van die bogenoemde inisiatiewe wil maak voeg dit asb in Bykomende infomasie in.

Vir enige verdere navrae kontak gerus ananja@atterbury.co.za.

Minimum prys: R250.00