Vakature: Studente en projekkoördineerder
Atterbury Trust kondig graag aan dat daar ‘n nuwe pos beskikbaar is as: Studente en projekkoördineerder by ons Pretoria kantoor.
1. Hoof verantwoordelikhede: Studente
- Studente kommunikasie en ondersteuning.
- Opdatering & instandhouding van die elektroniese studente databasis.
- Voorbereiding van jaarlikse studentebegrotings.
- Voorbereiding en laai van studentebetalings.
- Erkenning van alle studente betalings in Xero.
- Voorbereiding van studente profiele.
- Opvolg & monitor van maandelikse studente terugbetalings.
- Voorbereiding van studente terugbetalingskontrakte en terugbetalingskedules.
- Verslagdoening van studente inligting en relevante statistieke
2. Hoof verantwoordelikhede: Projekte
- Koördinering en organisasie van alle Atterbury Trust projekte.
- Kommunikasie en skakeling met donateurs en eksterne partye.
- Reis in Pretoria en omliggende area vir verskeie Atterbury Trust projekte.
- Skakeling met verskeie organisasies.
- Weeklikse behoeftebepaling van organisasies.
- Koördinering van alle bemarkingsmateriaal.
- Voorbereiding van maandelikse verslae vir Atterbury Trust projekte.
3. Algemene verantwoordelikhede
- Organisering en instandhouding van elektroniese leërs en foto’s.
- Algemene operasionele en administratiewe take.
- Ad Hoc rekeningkundige teboekstelling.
4. Ondervinding, kennis en vereistes
- Matrieksertifikaat (B Com kwalifikasies sal voorkeur geniet)
- ‘n Minimum van 2 jaar relevante ondervinding
- Bestuurslisensie
- Betroubaar en eerlik
- Positief en selfversekerd
- Spanspeler
- Vermoë om inisiatief te neem
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Goeie organiseerder
- Prosesgedrewe
- Goeie tydbestuur
- Goeie en kreatiewe rekenaarvaardighede (Word, Excel, PowerPoint ens.)
- Goeie taalvaardigheid en skryfvermoë
Alle CV’s kan aangestuur word na Rmuller@atterbury.co.za voor Woensdag, 26 Augustus 2020.
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.