Skip to content
Menu
Menu
Logo

Atterbury Foundation NPC

Atterbury Foundation NPC is in 2007 as ’n Vlak 1 B-BSEB gesertifiseerde niewinsgewende organisasie in tandem met Atterbury Trust gestig. Hierdie entiteit fokus op sosiale transformasie in vennootskap met voorheen benadeelde gemeenskappe om opleidingsgeleenthede te skep en gemeenskapsopheffingsprojekte te inisieer. Alle bydraes aan die Atterbury Foundation NPC kwalifiseer vir B-BSEB-telkaartdoeleindes.

Opheffingsprojekte is aanvanklik tesame met Atterbury se eiendomsontwikkelings beplan. Op hierdie manier is die hulpbronne wat vir hoofprojekte aangewend word, gebruik om ’n betekenisvolle rol in die onmiddellike omgewing te speel.

Suksesvolle inisiatiewe sluit die bekroonde Bergrivier Vaardigheidopleidingsprojek, die Alkantrant- en Soshanguve-biblioteke sowel as die Re-Connect-kinderhuis, wat as deel van die Lynnwood Bridge ontwikkeling voltooi is, die Geelhout Landgoed uitheemseboomverwyderingsprojek buite George asook werkskeppingsprojekte in Johannesburg se middestad saam met Newtown Junction in.

Sedert 2018 het die fokus verskuif na opvoeding. Net soos Atterbury Trust, belê Atterbury Foundation NPC in opvoeding en die maksimalisering van potensiaal deur die toekenning van studiebeurse, ondersteuning van skole, fasilitering van toegang tot werksgeleenthede en vaardigheidsontwikkeling. Daar word tans 24 universiteitstudente sowel as ’n aantal kleuterskole ondersteun. Die Karoo Suite-projek, wat in samewerking met Coenie de Villiers en Deon Meyer aangepak is, het dit moontlik gemaak vir tientalle studente uit die Karoo om die geleentheid vir tersiêre studies aan te gryp.

Die StartWell Voedingskema word ook vanuit die Atterbury Foundation NPC bestuur. Met die ondersteuning van WeBuyCars, Outsurance en ’n paar ander donateurs ontvang 2 647 kleuters by 63 vroeë ontwikkelingsentrums dwarsoor Suid-Afrika daagliks ’n maaltyd wat al die noodsaaklike voedingstowwe, soos voorgeskryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, bevat. Noemenswaardige resultate in die bekamping van groeibelemmering is reeds oor die afgelope jaar waargeneem.

Foto

Atterbury Foundation NPC Beurspakket PDF

Skenk aan Atterbury Foundation NPC

Rekeningnaam: Atterbury Foundation NPC

Bank: Nedbank Business

Rekeningnommer: 1497193788

Verwysing: ATTFoundation

Fokusareas

Asset 5

Opheffingsprojekte

Asset 2

Werkskepping

Asset 1

Vaardigheidsontwikkeling

Asset 4

Studiebeurse

Asset 3

Hulpbronbestuur