Skip to content
GEEweek Logo Transparent
FONDSE INGESAMEL
ATTERBURY TRUST
GROOTfm 90.5 NPC

GROOT GEEweek

GROOT GEEweek is ’n GROOTfm 90.5-inisiatief waarmee GROOTfm 90.5 hul mandaat van “vermaak met ’n verskil” uitleef. ’n Besondere week word toegewy aan stories van hoop, getuienisse en gesprekke met individue en organisasies wat daagliks ’n verskil in gemeenskappe maak.

Hierdie week stel ons weer in staat om die organisasies en projekte waarby ons betrokke is, uit te brei, te laat groei en verder te ondersteun.

Atterbury Trust finansiële ondersteuning

MEDIESE UITGAWES
ORGANISASIES ONDERSTEUN
KLEUTERSKOLE VOEDINGSKEMA
STUDENTE ONDERSTEUNING

2025 GEEweek stories

Grace Valley

Grace Valley

Grace Valley is ’n veilige hawe vir behoeftige bejaardes in De Wildt, tussen Pretoria en Hartbeespoortdam.

Danksy GROOT GEEweek kon ’n maandelikse donasie gevestig word om agt inwoners vir ’n volle jaar te ondersteun en hulle van die nodige sorg en stabiliteit te voorsien.

Danelle, Jana en Ruhan Wesseloo

Atterbury Trust Student: Ruhan Wesseloo

Dr. Herman van der Laan (kardioloog) het hom op 12 Desember 2025 gesien nadat hy Ruhan se onderhoude op GROOTfm 90.5 gehoor het. Hy het toe kontak gemaak en aangedui dat hy graag saam met hom ’n pad wil stap. Ons kon Ruhan ook help om na ’n ander mediese fonds oor te skuif, sodat hy in April met die nodige chirurgie kan voortgaan.

Chloe Storm

Triomf Pasiënt: Chloë Storm

Chloë Storm (13) is ’n uitmuntende leerder en presteer akademies sowel as op die netbalbaan. As gevolg van ernstige tandheelkundige uitdagings het sy egter daagliks pyn en groot ongemak ervaar.

Danksy ruimhartige weldoeners kan Chloë nou oor die volgende paar maande saam met Dr Heloise Smit werk om die nodige behandeling te ontvang.

Dr Riana Malan en Ananja Koen

Vrouegesondheid – Triomf Kliniek

Dr. Riana Malan behartig maandeliks ’n vrouekliniek by Triomf, waar tussen 10 en 15 vroue elke maand mediese ondersteuning ontvang.

’n Kritieke behoefte by die kliniek was die aankoop van Mirena-toestelle. GROOT GEEweek het dit moontlik gemaak om hierdie noodsaaklike ondersteuning te finansier en sodoende volhoubare verskil in vroue se lewens te maak.

Luister en kyk weer

GEEweek | Ten bate van Atterbury Trust en GROOTfm 90.5 NPC.

GEEweek | Ten bate van Atterbury Trust en GROOTfm 90.5 NPC.

GEEweek | Roelien Potgieter & Atterbury Trust

GEEweek | Tjokkertjies vir Jesus

GEEweek | GD Joubert van EDS Engineers

GEEweek | Thys van Zyl van Everst Wealth

GEEweek | Grace Valley Toevlugsoord

GEEweek | Felicia Richardson (Atterbury Trust Alumni Student)

GEEweek | Oproep uit Duitsland

GEEweek | Oproep uit Amerika

GEEweek | Gys Pitzer van Gys Pitzer Motoring

GEEweek | Atterbury Trust, Jana Wilbers & Ruhan Wesseloo