Uitnemende sorg met waardigheid

Triomf, sorg met waardigheid
Triomf Kliniek, wat onder die vaandel van Atterbury Trust bestuur word, is ’n gemeenskapsprojek wat daarop fokus om gehaltegesondheidsorg aan behoeftige pasiënte te bied. Triomf Kliniek maak dit moontlik vir vrywilligerdokters om hul tyd of dienste beskikbaar te stel sonder enige operasionele of administratiewe las. Triomf-personeel hanteer die administrasie van verwysings, afsprake en inrig van die fasiliteit.
Die kliniek se deure het aanvanklik op 23 Julie 2014 in Pretoria-Wes oopgemaak. In 2025 breek ’n nuwe seisoen vir Triomf Kliniek aan met die hervestiging te Oaktreelaan 41, Hazelwood, Pretoria. Die sentrale ligging langs die toonaangewende Club Surgical Centre verseker geriefliker toegang vir beide pasiënte en vrywilligerdokters.
Besoek die Triomf- webtuiste
Raak betrokke
Triomf-nuus
Impak tot op hede
Die impak van vrywilligers en weldoeners:
Raak betrokke
Ons nooi graag gesondheidsorgpersoneel uit om saam met ons ‘n verskil te maak. Tans is daar ‘n besondere behoefte aan ondersteuning op die volgende gebiede:
Oor-, neus- en keelspesialis (ONK/‘ENT’)
Vir die diagnose en behandeling van algemene en chroniese ONK-toestande.
Oogkliniek
Oogartse wat kan help met ’n basiese oogtoets sodat pasiënte wat ’n bril benodig, gehelp kan word.
X-straaldienste
Diagnostiese ondersteuning vir ortopediese, respiratoriese en ander kliniese aanwendings.
Algemene praktisyn (AP/‘GP’)
Vir roterende konsultasies en algemene primêre gesondheidsorg.
Dermatoloë
Om veltoestande en chroniese dermatologiese siektes professioneel te evalueer en behandel.
Tandarts
Basiese tandheelkunde, roetine-ondersoeke en skoonmaak, stopsels, die trek van tande en voorkomende maatreëls om mondgesondheid te handhaaf.
Indien jy ’n bydrae kan lewer – op ’n eenmalige, gereelde of roterende basis – sal ons dit met groot waardering verwelkom.
Waar is Triomf Kliniek?
Triomf Kliniek
Oaktreelaan 41
Hazelwood
Pretoria
0081