Skip to content
Menu
Menu

Hulp wat werk

Terugploeg Logo v1

Hulp wat werk

Terugploeg is ’n voedselverspreidings- en gemeenskapsopheffingsinisiatief wat bestuur word deur Atterbury Trust in samewerking met ’n netwerk van weldoeners en vrywilligers in die landbousektor. Terugploeg ondersteun sedert 2020 behoeftige Afrikaanse gemeenskappe ‘n verantwoordbare wyse op deur middel van voedselverspreiding, indiensopleiding en werkskepping. Met die insette en donasies van groothartige boere word tonne vars vrugte, groente en wildsvleis geskenk en daarna verantwoordbaar aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe versprei. Met die oprigting van ’n fasiliteit buite Pretoria is die eerste stap geneem om oor die langtermyn ’n volhoubare proses te ontwikkel waarby voedsel doeltreffend versprei en gemeenskappe opgehef kan word.

Besoek die Terugploeg- webtuiste

Terugploeg-inisiatiewe

Terugploeg-nuus

Impak tot op hede

0 t
VOEDSEL
ingesamel en versprei
0 m+
ETES
verskaf







0
ORGANISASIES
ondersteun

Raak betrokke

Met die ondersteuning van donateurs ploeg ons terug in ons onmiddellike gemeenskap deur hulpbronne op ’n verantwoordbare wyse na geïdentifiseerde instansies en gemeenskappe te versprei. Terugploeg versamel vars landbouprodukte soos groente, vrugte en vleis van boere en ander skenkers, wat dan verwerk, geberg en aan behoeftige ouetehuise, kinderhuise en skole versprei word.

Ons nooi jou graag uit om betrokke te raak deur die skenking van vars produkte, niebederfbare produkte, wild of veekarkasse, toerusting, huishoudelike items of ’n finansiële bydrae.

Waar is Terugploeg?

Terugploeg is geleë op ’n perseel van agt hektaar buite Pretoria, naby die Rayton-afrit op die N4-hoofweg. Hierdie terrein is goedgunstiglik beskikbaar gestel deur Faan en Dirk van der Walt (die stigters van WeBuyCars). Die fasiliteit sluit ’n vleisverwerkingsaanleg, stoorarea, koelkamers en groentetuin in.