Skip to content
Menu
Menu

Ons gee om
vir studente

Studente & Opvoeding Logo v1

Ons gee om
vir studente

Studente & Opvoeding Logo v1

Ons studente is ons trots

Vir die afgelope 27 jaar reeds bied Atterbury Trust, met behulp van onafhanklike eksterne donateurs, rentevrye studiebeurslenings aan nuwe generasies toekomstige leiers en behoeftige studente dwarsoor Suid-Afrika. Ons studente is ons trots, en sedert 1999 is daar reeds bykans ‘n duisend Afrikaanse studente uit alle vlakke van die samelewing bemagtig en toegerus om verder te studeer met die hoop om die potensiaal van die nuwe generasie te ontgin en ons plaaslike gemeenskappe op te hef. Elke jaar word honderde aansoeke ingevorder en elkeen persoonlik deur die Atterbury Trust-span noukeurig nagegaan. Maar, selfs met die onwrikbare ondersteuning van ons finansiële ondersteuners en ons alumninetwerk, is en sal die behoefte altyd groter wees as die begroting. Ons is opreg dankbaar teenoor almal wat ons ondersteun en ons in staat stel om jaar na jaar meer studiebeurse moontlik te maak. Hiermee nooi ons jou ook uit om saam met ons ’n verskil te maak deur die volgende generasie se hande sterk te maak.

Wat doen ons vir studente?

Die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief bied aan ’n nuwe generasie leiers die geleentheid om kwalifikasies sonder finansiële las te verwerf en daarna via ons netwerk van medewerkers en ondersteuners die werkmag te betree. Hierdie inisiatief beloof om studente se totale voor- en in sommige gevalle nagraadse studiekoste te dek, insluitend klasgelde, registrasiefooie en boekgelde. Studente is daarna verantwoordelik om hul rentevrye beurslenings ten volle volgens ’n betalingsplan terug te betaal wanneer hulle die dag begin werk. Sodanige betalingsplan word dienooreenkomstig vir elke individuele student uitgewerk en is gebaseer op hul aanvangsalaris. Hierdie terugbetaling word dan direk terugbelê in die inisiatief, wat beteken dat met elke student wat hul studielening terugbetaal, ’n nuwe student se lewe verander kan word.

Dit gaan egter nie net oor finansiële bystand nie. Mentorskap en ’n gemeenskapsgevoel is vir Atterbury Trust belangrik, en daarom word verhoudings met beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Studente word ook aangemoedig om deel te neem aan ons jaarlikse beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Bloemfontein en Potchefstroom. Tydens die student se studieloopbaan word daar ook talle netwerk- en werksgeleenthede beskikbaar gestel waardeur studente kan deel word van Atterbury Trust se ander inisiatiewe ten einde ervaring op te bou en vir hulself ’n inkomste te genereer terwyl hulle studeer.

Impak tot op hede

0
BEURSE
reeds uitgereik aan jong uitblinkers
0
GRADE BEHAAL
deur Atterbury Trust Presteerders







0
STUDENTE
in vanjaar se beursprogram

Hoe werk die aansoekproses?

Ons graduandi

Ons alumni

Atterbury Foundation