Skip to content
Menu
Menu

Wie is ons

Atterbury Trust is ’n welwillendheidsorganisasie wat hulp oor ’n breë front verskaf aan dié van ons wat dit werklik nodig het.

Atterbury Trust Logo v1 (White)

Ons hart

Louis van der Watt en Francois van Niekerk het destyds met die stigting van Atterbury Property die besluit geneem om ’n derde van die aandele in die Atterbury Trust te sit. Hierdie ruimhartige visie het oor die afgelope 27 jaar ’n baken van hoop geword vir soveel van ons land se mense.

Atterbury Trust se hartklop is die krag van opvoeding, bevordering van kuns en kultuur en die ondersteuning van minderbevoorregte Afrikaanse gemeenskappe.

Ek was bevoorreg om vanaf 1998, met die toekenning van die eerste ses beurse, deel te wees van die Trust-storie van omgee en hoop. Dit is ’n goeie storie wat gaan oor jongmense met groot drome; oor swaarkry en geld wat nie daar was om die drome waar te maak nie, maar dit het in byna elke geval ’n gelukkige einde. Ons kan vertel van vasbyt, hard werk en kanse vat. Die graad aan die einde is dikwels die eerste een in ’n familie. Elk van ons bykans 940 beursstories vertel van die kans om verder te studeer, maar ook om te groei – as leier op universiteit, op die sportveld, as volwaardige mens wat ’n bydrae tot die samelewing kan lewer. Ons beursfamilie floreer met bykans 700 alumni wat vandag hul plek in die Suid-Afrikaanse of oorsese beroepswêreld vol staan in professionele beroepe – hetsy as onderwysers wat wéét hoe dit voel om te min te hê en nou ’n positiewe rol speel in soveel kinders se lewens, ingenieurs, rekenmeesters, wetenskaplikes, argitekte of dokters wat hul medemens met toewyding dien.

Die Fairtree Atterbury Teater bied sedert 2011 aan kunstenaars en gehore ’n wêreldklasplatform waar die beste vermaak uitgevoer en geniet kan word. Welwillendheid vier jaar na jaar hoogty tydens Versnit met fantastiese Suid-Afrikaanse kunstenaars wat telkens ’n uitgelese gehoor op Rust & Vrede betower.

Verskeie projekte soos die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, Acappella-kompetisie, Leersaam-leesprojek, StartWell Voedingskema, Karoo Suite-opvoedingsprojek, Cool Capital Biënnale se skolekunskompetisie en VivA se Afrikaanse taal-app het danksy die Atterbury Trust se ondersteuning die lig gesien.

Die waardigheid van mense is na aan Atterbury Trust se hart, en het in 2014 gelei tot die stigting van die Triomf Kliniek in die weste van Pretoria, wat in 2025 in Hazelwood hervestig word. Meer as 7 300 behoeftige mense kon reeds hier aanklop vir gratis gehaltegesondheidsorg wat met waardigheid gekenmerk word.

Terugploeg het in 2020 tydens Covid-19 ontstaan en vandag is daar ’n indrukwekkende vleisverwerking- en verspreidingsfasiliteit en groentetuine met ’n netwerk van groothartige weldoeners wat ons toevertrou met gereelde skenkings van landbouprodukte en wildsvleis wat op verantwoordbare wyse onder behoeftige gemeenskappe versprei word.

Ons is dankbaar vir elke donateur en vriend van die Atterbury Trust. Met julle hulp gaan ons omgee van krag tot krag en kan ons vir nog baie jare lewensveranderende hoop skep in Suid-Afrika.

Asset 23

1997 Atterbury Trust word gestig.

Asset 44
Asset 23

1998 Studente & Opvoeding word gestig.

Asset 43
Asset 23

2007 Atterbury Foundation NPC word gestig.

Asset 42
Asset 23

2011 Atterbury Teater se deure open.

Asset 41
Asset 23

2012 Die eerste Versnit vind plaas op Rust & Vrede.

Asset 40
Asset 23

2013 Atterbury Trust raak betrokke by GROOTfm.

Asset 39
Asset 23

2014 Triomf Kliniek se deure open.

Asset 38
Asset 23

2020 Atterbury Trust raak betrokke by MOI.

Asset 37
Asset 23

Terugploeg inisiatief word geloods.

Asset 36
Asset 23

2021 OPTOG! Media word gestig.

O!M v3
Asset 23

2022 Terugploeg-gebou word voltooi.

Asset 36
Asset 23

2023 Atterbury Trust vier 25ste bestaansjaar.

Asset 35
Asset 23

Atterbury Trust raak betrokke by Die Bosveld.

Asset 34
Asset 23

1998 Studente & Opvoeding word gestig.

Asset 43
Asset 23

2007 Atterbury Foundation NPC word gestig.

Asset 42
Asset 23

2011 Atterbury Teater se deure open.

Asset 41
Asset 23

2012 Die eerste Versnit vind plaas op Rust & Vrede.

Asset 40
Asset 23

2013 Atterbury Trust raak betrokke by GROOTfm.

Asset 39
Asset 23

2014 Triomf Kliniek se deure open.

Asset 38
Asset 23

2020 Atterbury Trust raak betrokke by MOI.

Asset 37
Asset 23

Terugploeg inisiatief word geloods.

Asset 36
Asset 23

2021 OPTOG! Media word gestig.

O!M v3
Asset 23

2022 Terugploeg-gebou word voltooi.

Asset 36
Asset 23

2023 Atterbury Trust vier 25ste bestaansjaar.

Asset 35
Asset 23

Atterbury Trust raak betrokke by Die Bosveld.

Asset 34

Raak betrokke

Atterbury Trust is as ’n openbare weldaadorganisasie (public benefit organisation of PBO) geregistreer. Dit beteken dat donasies wat deur maatskappye en/of individue aan die Atterbury Trust gemaak word, belastingaftrekbaar is.

Gesien in die lig van die groot aantal studentebeursaansoeke wat jaarliks deur ons ontvang word, die groot behoefte onder die organisasies wat deur ons onderskeie projekte en inisiatiewe ondersteun word, kan ons soveel meer studente, organisasies en individue help indien daar meer fondse tot ons beskikking sou wees.

Dit is jou geld en jy besluit wat ons daarmee moet doen.

Ons onderneem om donateurs van gereelde nuus oor die akademiese en emosionele vordering van studente te voorsien of terugvoer te gee oor projekte of inisiatiewe wat ondersteun word.

Deur hande met ons besigheidsvennote te vat, kan ons ’n nóg meer betekenisvolle impak hê.