Skip to content
Menu
Menu

Fairtree Atterbury Teater

’n Wêreldklasteater in Lynnwood Bridge, Pretoria wat ’n tuiste bied vir die uitvoerende kunste en korporatiewe funksies.

Light Logo@250ppi (Afr)_1

Ons gee om vir die kunste

Die Fairtree Atterbury Teater in die hart van Lynnwood Manor is getuig van Atterbury Trust se toewyding aan en liefde vir die bevordering van kuns en kultuur in ons gemeenskap. Sedert 2011 dien hierdie wêreldklasteater as trekpleister vir liefhebbers van  die uitvoerende kunste soos musiek en drama en word dit ook gereeld as venue vir groot en klein korporatiewe funksies gebruik. Tydens die ontwerp van die teater is talle betroubare stemme in die kunsindustrie en beroemde kunstenaars genader vir advies ten opsigte van toerusting, klank, ontwerp en uitleg van die ateljee om vir teatergangers en kunstenaars ’n wêreldklasteaterervaring te verseker. 

Fairtree Atterbury Teater word allerweë beskou as een van die beste konsertteaters in die land en meer as ’n dekade later gedy ons met meer as 4 000 vertonings en ’n magdom onvergeetlike ervarings. Die teater dra ook by tot Atterbury Trust se toewyding aan studente deur werksgeleenthede wat weekliks beskikbaar gemaak word.

Die teater beskik voorts oor ’n hipermoderne opnameateljee met hoëgehaltetoerusting sodat kunstenaars albums op een plek kan opneem, meng en vervaardig. Die ateljee het ’n venster wat uitkyk op die verhoog sodat daar ook lewende opnames van optredes op die verhoog gemaak kan word.

Sedert 2024 inkorporeer ons ook ons naamborg, Fairtree Capital, in die naam as teken van hul ondersteuning vir die ontwikkeling van kuns en kultuur op plaaslike vlak.

Besoek die Fairtree Atterbury Teater- webtuiste

Lees die volle storie oorverhaal van die Fairtree Atterbury Teater se bestaanontstaan

Teater-nuus

Impak tot op hede

0
JAAR
van uitmuntende vertonings
0+
VERTONINGS
sedert 2011







0 m+
VOETE
deur die deur

Waar is die Fairtree Atterbury Teater?

Fairtree Atterbury Teater
Daventrystraat 4
Lynnwood Manor
Pretoria
0081