Kleuters word maandeliks geweeg en gemeet sodat daar akkurate statistiek verkry kan word ten opsigte van die stuit van groeibelemmering. Verslagdoening word elke 6 maande per kind, skool en geografiese area gedoen om vordering te meet.
Die voedingsprojek het afgeskop in Junie 2024 en na 4 maande word
- 2 122 kinders daagliks gevoed in
- 46 kleuterskole oor
- 7 provinsies te danke aan OUTsurance en WeBuyCars se ondersteuning
Met jou hulp kan ons die voedingsprojek nog verder uitbrei en ‘n groter impak maak om groeibelemmering in ons land te stuit.
Laai brosjure af.