Skip to content
Menu
Menu
Survivors Gholfdag Logo v1

Die Survivors Gholfdag

Die Survivors Gholfdag het tien jaar gelede ontstaan toe Gerhard van der Westhuizen en Rayno Strauss besluit het om iets daadwerkliks te doen om behoeftige kankerlyers met hul mediese onkostes te help. Self kankeroorwinnaars, het hulle eerstehands beleef hoe duur behandeling is – en besluit om die spel wat hulle liefhet, gholf, te gebruik om ’n verskil te maak.

Wat as ’n klein insamelingsinisiatief met net 24 spelers begin het, het intussen gegroei tot ’n jaarlikse gholfdag by die Pretoria Country Club wat binne weke volbespreek is en selfs ’n waglys het. Vandag neem 144 spelers deel en bring die dag jaarliks bykans R2 miljoen in – ’n bedrag wat reeds ver die eerste paar jare se totale opbrengste oortref.

Met die ondersteuning van Jakaranda FM, GrootFM en ’n netwerk van borge en donateurs, sowel as dokters wat bereid is om pasiënte gratis te help met diagnoses, maak die Survivors Gholfdag ’n tasbare verskil. Alle fondse word deur Atterbury Trust deursigtig bestuur om te verseker dat dit die grootste impak het.

Gerhard en Rayno glo dat elke mens wat ’n tweede kans ontvang het, ’n verantwoordelikheid het om ander te help – en die Survivors Gholfdag is hulle manier om hoop, gesondheid en ’n toekoms moontlik te maak vir dié wat dit die nodigste het.

Impak tot op hede

JAAR

van bestaan

AKTIEWE SPELERS

in 2024

FONDSE INGESAMEL

sedert 2014