21 Maart 2019, 11:00 – 12:00
22 Maart 2019, 11:00 – 12:00

Ja jy het reg gelees! Wielie Wielie Walie IS TERUG!!!

Karel Kraai en Sarel Seemonster trek asem in en roep: “Bennie! Bennie Boekwurm!” Die kinders van die land roep net so hard saam. Bennie Boekwurm kruip verstrooid uit sy boektonnel. “Haai, waar’s julle? Ek kan julle nie sien nie, wag, ek gaan gou my bril haal.”  “Nee, Bennie!” Lag Sarel Seemonster, “jou bril sit op jou voorkop.”

Karel Kraai, Sarel Seemonster en Bennie Boekwurm is baie bly dat die eensame Kwaggatjie, Wagga Wagga Kwag by hulle kom woon het. Daar word gesing, gedans, geleer en grappies gemaak. Bennie Boekwurm vertel splinternuwe stories!

Nog ‘n vars skepping uit die pen van Louise Smit, opgevoer deur Dúlinda Pieters en haar EnterActive Produksies!!!

Wielie Wielie Walie op ’n nuwe balie.

Besprekings: [email protected] of 082 572 2408

 

21 Maart 2019, 11:00 – 12:00 Atterburyteater
22 Maart 2019, 11:00 – 12:00
Atterburyteater