26 Februarie 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Uit die Bloute – weer op die planke na twee dekades en “steeds huilmooi!” (Charles Smith – Volksblad)

Hierdie musiekteaterproduksie het teatergangers telkemale op hulle voete gehad sedert die onlangse opening by Innibos- en Vrystaatse Kunstefeeste.

Fiësta-wenner (beste akteur) Paul du Toit en Jenna Dunster speel die meerdere rolle “met ’n jeugdige vitaliteit wat perfek aanpas by die verbeeldingryke skrywer Eugène Marais se grenslose visies” (Paul Boekooi – Beeld).

Uit die Bloute het gehore by die onlangse Innibos-, Vrystaat- en Aardklop Kunstefeeste op hulle voete gehad.

Eugéne Marais is ’n meesterlike storieverteller en die verhale en tydlose gedigte wat in hierdie produksie op die verhoog lewe kry, boei die gehoor van die eerste word af.

Twee kortverhale van Eugéne Marais kry verbeeldingryk gestalte op die verhoog: “Die Lied van die Reën” vertel die storie van die soeke na water en in die tweede storie, “Salas Y Gomez”, word ’n jong boer vir maande vasgekeer op ’n rotslys en hy moet al sy kragte inspan om fisies en emosioneel te oorleef.

Die musiek vir Uit die Bloute is gekomponeer deur bekroonde musikant en ATKV Crescendo-wenner, Lizanne Barnard wat haar 11 toonsettings van Marais se gedigte in ’n gekombineerde styl van Afrika-klanke vermeng met moderne elemente verwerk het. Bygestaan deur veteraan- musikante Jahn Beukes, Leon Ecroignard en die jong Pyjama Shark word die plaaswerf, die berge van Mamatola en die diepste emosies van die karakters deur musiek en byklanke ingekleur. Die resultaat: ’n onvergeetlike ervaring in Afrikaanse musiekteater wat tegelyk vermaak, ontroer en iets wat gehore lank sal onthou.

Kunstenaars: Paul du Toit, Jenna Dunster, Jahn Beukes, Leon Ecroignard en Pyjama Shark

 

26 Februarie 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater