7 Junie 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Dat dit nou so lank moes vat om te besef dat hierdie twee kunstenaars ’n besonderse kombinasie is, kan niemand verklaar nie. Twee verskillende spore lei na een van die mooiste stories. Hiedie twee kunstenaats beskik oor die wonderlike vermöom ongelooflike liedjies te kan skryf en hulle stories op ’n unieke manier te kan vertel.

In hierdie nuwe produksie, “Tweespoor”, kry Richard en Steffie dit reg om musiek en liriek op so ’n manier bymekaar te bring dat hierdie oomblik in sy eenvoud groot trefkrag het. Twee wonderlike mense met elk ’n sterk en warm persoonlikheid wat wemel van humor en hart. Die feit dat van der Westhuizen en le Roux die eenvoud en eerlikheid vertoning…’n klank waarna siele verlang.

Ons almal laat iewers, êrens, ’n spoor. Ons trap spore, ons los spore, ons is op een of ander stadium op een of ander spoor, of ons is sommer net spoorloos. Richard en Steffie vertel hulle stories en los ’n merkwaardife spoor deur die gehoor op reid te neem met hulle ongelooflike musiek en saamwees.

Liedjies soos “Wag nog ’n Bietjie”, “Hier waar jy hoort”, “Tweemantent”, “Tussen treine” en “Dans in die Reën” kan verwag word in hulle kreatiewe repertoire samestelling. Selfs ’n onverwagse mooi weergawe van die Briels se “Trein na Pretoria” sal die gehoor stom laat.

Kunstenaars: Richard van der Westhuizen & Steffie le Roux

 

7 Junie 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater