Baie geluk Hanri!
Sy is die tweede wenner in VivA se 2015-skolekompetisie vir haar inskrywing: ʼn berg van ʼn molshoop maak. Hanri Hattingh, graad 12-leerling by Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

Me. J. Jacobs (links), Harni Hattingh (middel) en Me. M. Matthee (regs)

[gdlr_row]
[gdlr_column size=”1/2″] 11831734_916442215082936_8399900602505623900_n[/gdlr_column]
[gdlr_column size=”1/2″]11268037_916442275082930_7287745594989683605_n[/gdlr_column]
[/gdlr_row]

Ons beoordelaar, Diek Grobler, skryf soos volg oor dié inskrywing:

Dit is vindingryk saamgestel, en die “agter-die-skerms-foto” is welkom; ek het aanvanklik aan die outentiekheid getwyfel, maar dié foto het daardie twyfel uit die weg geruim. Die komposisie is geslaagd en die visuele kwinkslag, van konstruksiewerkers wat Tafelberg van ‘n ontwerpplan (bloudruk) vir ‘n molshoop af bou, is effektief.

Met hierdie inskrywing wen sy:
ʼn Splinternuwe HAT6-woordeboek en ʼn Samsung GALAXY TAB 3 Lite ter waarde van R 3 500!