12 September 2018, 19:00 – 21:00

R160 – R200

Daar’s ’n rede om te sing!

Triomfkliniekkonsert beloof ’n aand van hartsmusiek

Triomfkliniek is ’n afdeling van Atterbury Trust wat sorg met waardigheid aan die gemeenskap van Pretoria-Wes aanbied. Gratis sorg word aan behoeftige mense verskaf.

Om die kliniek se fondse aan te vul sodat nog meer mense gehelp kan word, bied die kliniek jaarliks ’n musiekkonsert in Atterbury Teater aan.

In 2018 neem van ons land se top kunstenaars aan die konsert deel.

Steve Hofmeyr, Robbie Wessels en Sorina beplan om die gehoor te vermaak met musiek uit die hart. Hoekom? Want hulle gee om.

Omgee is die hart en siel van Atterbury Trust en al die werksaamhede van die trust.

Triomfkliniek is een van die spesiale instansies wat volledig deur die trust bestuur word.

Die wonderlike werk van die kliniek sal op die aand uitgelig word. Almal wat ’n kaartjie koop dra direk by tot die fondse van Triomfkliniek, aangesien al die kunstenaars gratis optree.

Bespreek dus jou kaartjies sommer nou vir die Triomf! Rede om te sing! musiekkonsert en gee jou hart vir Triomfkliniek.

Ons weet jy gee ook om.

 

12 September 2018, 19:00 – 21:00 Atterburyteater