29 Augustus 2019, 20:00 – 22:00

R180 – R220

Johan Liebenberg, wat in Namibië gebore is en in vele Barnyard produksies, as sanger en kitaarspeler, opgetree het, gaan sy Neil Diamond Tribute by die Atterbury Teater aanbied op 29 Augustus. Na sy vertoning Diamond and Pearls in 2009 het hy besef dat Neil Diamond se treffers sy forte is en in 2013 sy uitverkoopte vertoning Neil Diamond & Friends oor die hele land en in Namibië met groot sukses aangebied.

Met sy besondere stem en persoonlikheid word die immergroen treffers soos “Sweet Caroline”, “Beautiful Noise”, “Desiree”, “I’m A Believer” and “Longfellow Serenade”, om net ’n paar te noem, weer nuut en lewendig.

Kunstenaars: Mel Botes, Johan Liebenberg

29 Augustus 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater