11 November 2019, 20:00 – 22:00

R180 – R220

Vir die afgelope 11 jaar het die talentvolle musikant Mel Botes gehore oor die land vermaak met sy uitstekende musikale produksie Crazy Diamond – A Tribute to Pink Floyd. Kritici is dit eens dat hy die kompleksiteit van Floyd bemeester het soos geen ander huldeblyk produksie kon regkry nie. Daarna het sy oorspronklike komposisies van David’s Confession – About Time gevolg saam met ander bekroonde musikante.

Nou volg die volgende langverwagte Tribute to Dire Straits, met dieselfde bekroonde musikante met die spesiale Botes aanslag, en dit gaan aan gehore alles bied wat hulle van hierdie kitaarmeester verwag.

Bekende nommers sal gehoor word soos o.a. Money for nothing”; “Walk of life”; “Calling Elvis”; “Telegraph Road”; “Private investigations”; “Romeo and Juliet” ; “Brothers in arms asook The man’s too strong”, “Darling pretty”; “Sands of Nevada” en vele meer. Kom geniet hierdie uitmuntende musikante van Storm Produktionz.

Kunstenaars: Mel Botes & Storm Produktionz

 

11 November 2019, 20:00 – 22:00 – Atterburyteater