17 November 2018, 19:30 – 21:00

R130 – R150

William Warren is ’n sanger/liedjieskrywer/verhoogkunstenaar ook bekend as die Direkteur van Fotografie en Film van die gewilde program Voetspore. Soms verskuif hy van agter die kamera na die verhoog – sy mooi stem is sy grootste talent en hy het al 5 albums opgeneem wat dikwels op radio gehoor word.

William beskou die grootste musikale invloed in sy lewe as die gewilde Neil Diamond, met wie se musiek hy veral in die verlede gereeld opgetree het. Hy het toe wegbeweeg om sy eie musikale identiteit te vestig maar in 2018 is die slegte nuus aangekondig  nl. dat Neil Diamond, agv mediese probleme, nie langer gaan optree nie. William het toe besluit dat dit tyd is om Neil Diamond se musiek weer na die teater te bring met ’n huldeblyk aan die legende se merkwaardige musiek loopbaan.

Hierdie vertoning vertel die storie van een van die grootste kunstenaars van die afgelope 50 jaar en die invloed op ’n Suid Afrikaanse jong man aan die anderkant van die wêreld. William het met groot sorg sy gunsteling liedjies, asook die van miljoene ander uitgesoek en met sy baie persoonlike stories word dit ’n nostalgiese aand,  veral vir Neil Diamond liefhebbers hier by die Atterbury teater op 17 November om 19:30.

17 November 2018, 19:30 – 21:00 Atterburyteater