25 Februarie 2020, 19:00 – 20:30

R175 – R220

’n Viering van plaaslike musiektalent en ’n gedeelde liefde vir die verhoog en ateljee: Hieruit spruit The Vox Collective se eerste onafhanklike verhoogproduksie. In samewerking met een van ons land se gewildste sangeresse, Corlea Botha, sal stem- en instrumentkunstenaars van The Vox Collective te sien wees op 25 Februarie 2020 by die Atterbury Teater.

The Vox Variety Show se oogmerk, is om die musikale talent van The Vox Collective se lede ten toon te stel. Wanneer hierdie groep gewone professionele werkendes bymekaar kom vir projekte, omvorm hulle in volwaardige uitvoerende kunstenaars wat al deelgeneem het aan verhoogproduksies soos die Classics Shows en Afrikaans is Groot. Met dieselfde gemak skuif hulle in die ateljee agter mikrofone in en het al vokale ondersteuning vir van ons land se voorste kunstenaars soos Coenie de Villiers en Laurika Rauch, asook bekende internasionale kunstenaars, soos Amira Willenhagen en Patrizio Buane, gebied.

Hierdie eenmalige vertoning, gaan die gehoor vermaak met ’n opwindende program, wat bestaan uit ’n groot verskeidenheid van musiek uit genres soos filmmusiek, populêremusiek, plaaslike klanke en suiwer Klassieke musiek.

The Vox Collective en Corlea deel die verhoog met Mauritz Lotz (kitaar), Denny Lalouette (baskitaar), Vinnie Henrico (dromme en perkussie) en Gerrit Koorsen (tjello).

Kunstenaars: Corlea Botha, Mauritz Lotz, Denny Lalouette, Vinnie Henrico and Gerrit Koorsen.

 

25 Februarie 2020, 19:00 – 20:30 – Atterburyteater