11 September, 16:00 – 17:20 

R140 – R160

“The King and Queen of Piano” is ’n viering van die musiek van twee van die beste musikante van ons tyd. Die musiek van Billy Joel en Elton John is al met ons sedert die vroeë 70’s en is nog steeds so gewild soos dit toe was. Die vertoning is geskryf en vervaardig deur Henk Grimsell, een van SA se beste vermaaklikheidkunstenaars. Sy ongelooflike vermaaklikheidsgroep bekend as “Afterparty” vergesel hom op die verhoog.

Hierdie baie vermaaklike vertoning bring weer lewe aan die gees van die musiek van die meesters agter die vleuelklavier. “The King and Queen of Piano” is gewild onder jonk en oud, want die musiek is tydloos, van onvergeetlike ballades tot aardskuddende pop en rock en roll. “The King and Queen of Piano” sal jou op ’n musikale reis neem wat jy nooit sal vergeet nie!

Atterburyteater