“Sultans of Swing: A tribute to Dire Straits” keer terug na Atterbury Teater op 27 Augustus.

Dié vertoning gee ‘n oorsig van die totale werke van die groep en die raaiselagtige kernfiguur, Mark Knopfler. Dit volg die loopbane van Knopfler en die res van die groep, en beeld dit op ‘n oorspronklike en vermaaklike manier uit deur die gebruik van visuele agtergrondmateriaal en skouspelagtige ligte op die verhoog. Die naam van die vertoning is afkomstig van hul einste liedjie met dieselfde naam, wat natuurlik ‘n standaard geword het vir enige ernstige kitaarspel repertoire.

Die bekende Dire Straits-liedjies sluit in Money for nothing, Walk of life, Calling Elvis, Telegraph Road, Private investigations, Romeo and Juliet, Lady writer, Tunnel of love, en die pragtige Brothers in arms.

Die orkes bestaan uit: Mel Botes (hooofsanger), MD Greyling (agtergrondsang, ritmiese kitaar en klawerbord), Simon Orange (agtergrondsang en klawerbord), Barry Steenkamp (baskitaar) en Theuns Botha (dromme).