10 Augustus 2019, 19:00 – 21:00

R160 – R250

 

Apprentesses SA is ’n kompetisie wat geskep is om jong vroue, tussen die ouderdom van 20 en 35, wat daarvan droom om in die kollig te wees te mentor en te bemagtig.

Die Ster-Status Finaal is ’n glansryke rooitapytgeleentheid, wat by die Atterbury Teater in Pretoria gehou word, waartydens die wenner van hierdie projek se splinternuwe realiteitsprogram (op VIA), Ster-Status, aangekondig sal word.

Hierdie gesogte geleentheid, wat op 10 Augustus 2019 plaasvind, sal deur van die land se bekendste persoonlikhede en mediaplatforms bygewoon word en sluit ook optredes deur verskeie bekende musikante in.

Kykers word genooi om deel te wees van hierdie uitsonderlike aand wat die harde werk van opkomende talent vier.

 

10 Augustus 2019, 19:00 – 21:00 Atterburyteater