Spesiale Saronsberg Liberi Pinotage Reserve (2017) houtkissie met ses bottels wyn

R2 950R3 050 Including VAT

Out of stock

*Neem asb kennis dat alle bestellings wat teen die 12de Desember 2021 geplaas word sal afgelewer word voor Kersfees en enige bestellings na die 12de Desember 2021 geplaas sal eers van die 3de Januarie 2021 afgelewer word.

SKU: 100-1 Category:

Produk Beskrywing

PRODUK-INLIGTING

Klik hier en laai ’n PDF af wat volledige inligting oor die Liberi 2017 wyn bevat.

Elke spesiale Saronsberg Liberi Pinotage Reserve (2017) houtkissie bevat ses bottels wyn. Plus! Al die bottels in die spesiale houtkissie is deur wynmaker Dewaldt Heyns en kunstenaar Claudette Schreuders geteken.

Let wel: Produkfoto’s slegs ter illustrasie.

Afleweringskoste is R100 per spesiale houtkissie wyn.

Jy kan kies om jou spesiale houtkissie Saronsberg Liberi Pinotage Reserve, 2017, by Atterbury Trust se kantoor in Die Klubhuis, 2de vloer, hoek van 18de Straat en Pinasterlaan, Hazelwood, Pretoria op te tel, asook by Atterbury se kantoor in Stellenbosch in La Gratitude, Dorpstraat 95.

Kies asseblief die aflewering of optel opsie wat jou pas wanneer jy die produk bestel.

Maak asseblief seker om jou afleweringsadres korrek in te vul wanneer jy jou profiel-rekening skep.

Jy kan ook direk vanaf Saronsberg bestel en daar gaan optel. E-pos [email protected] met jou bestelling. Vir meer, besoek: https://www.saronsberg.com

LEES MEER OOR HIERDIE SPESIALE WYN

Van kuns, wyn, en welwillendheid

Atterbury Trust is in die wolke om vanjaar ’n begunstigde te wees van Eskort en Saronsberg se innoverende Liberi welwillendsheidprojek, waarmee verlede jaar R800 000 ingesamel is vir opvoeding- en voedingskemas, deur die verkoop van ’n eksklusiewe wyn-versameling. Liberi – wat in Latyns “kinders” beteken – kry vanjaar ’n nuwe baadjie danksy die kunstenaar Claudette Schreuders. Die 2021 samewerkingsprojek bestaan uit ’n beperkte produksievolume waarvan die opbrengs aangewend sal word ten bate van Atterbury Trust se beursprogram en Terugploeg voedingskema-inisiatief. Eskort se hoof uitvoerende beampte, Arnold Prinsloo, vertel ons meer oor hierdie besonderse projek.

Wyn en kuns is nie die eerste ding wat opkom as mens aan Eskort dink nie, so hoe is hierdie unieke band gesmee en waar het die idee vir die Liberi projek onstaan?

Ons glo eerstens dat ’n organisasie deel is van ’n gemeenskap en daarom betrokke moet wees, en teruggee in die gemeenskap. Ons is by verskeie skole, kerke, voedingskemas en so meer betrokke, waar ons fabrieke in Estcourt en Heidelberg is. Tweedens hou ons bestuurspan van wyn! My vriend Nick van Huysteen besit Saronsberg Kelder in Tulbagh en ons bestuur, familie en vriende koop nou vir jare al hulle wyn. Ek het ook ‘n passie vir kuns en het ’n kunswerk gekoop van Sam Nlhengethwa. Met ’n besoek aan Sam se huis, het hy my vertel dat hy in Heidelberg se township, Ratanda, grootgeword het en dat twee van sy ooms vir Eskort gewerk het. Die gedagte vir Liberi is daar gebore… dit het by my opgekom dat dit die ideale geleentheid sal wees om geld in te samel vir die kinderhuis en tehuis vir gestremde kinders waarby ons reeds betrokke is. Sam het ingestem dat ons die regte kon kry om ses van sy kunswerke te gebruik op die wyn-etikette. Nick van Huysteen het my gehelp om die regte kunswerke uit te kies en Dewaldt Heyns, die bekroonde wynmaker van Saronsberg, het ’n Bordeaux-versnit gemaak waarvan 4 000 bottels gebottel is. Ek het n breë, swaar bottel gekies om die kunswerk enersyds mooi ten toon te stel en andersyds ’n illusie te skep van ’n duur, ekslusiewe wyn. Omdat die opbrengs geskenk word om die lewe van kinders te verbeter, het ek ’n gepaste naam gesoek vir die wyn. Ek het eenvoudig “kinders” gegoogle in Zoeloe, Pedi, Xhosa, Italiaans, Frans en Latyn. Die Latynse “Liberi” het mooi op die oor geval en is kort en kragtig. Ek het die idee met Nick getoets en sy woorde was “spot on”.

Is ons reg om te dink dat dit aanvanklik ’n eenmalige projek was, wat nou herhaal word omdat dit so ‘n reusesukses was? Gaan dit nou ‘n jaarlikse projek wees?

Ja, dit was die plan, maar die aanvraag het die aanbod oorskry toe die publiek die wyn proe en die mooi kuns sien en besef dat dit uitstekende waarde vir geld is en dat dit boonop ’n goeie doel dien. Ek dink verlede jaar se grendeltyd en die beperking op wynverkope op daardie stadium het dalk ook bietjie bygedra tot die rekordtyd waaarin die wyn verkoop is! Ons het ook onderneem om self die projek te bestuur om die twee kinderhuise te herstel en mooi te maak, en nie net die geld te skenk sonder behoorlike toesig nie.

Gee vir ons ’n vinnige opsomming van die 2020 projek en wat julle daarmee bereik het – ons hoor meer as R800 000 is ingesamel.

Eskort het R400 000 vir die projek geborg en R400 000 se addisionele wins is gemaak. Ons het ses bottels Liberi Bordeaux versnit per kas verkoop teen R1 188 per kas.

Atterbury Trust is baie geseënd om vanjaar een van die begunstigdes te kon wees, en veral dat ons Terugploeg-inisiatief gaan voordeel trek. Eskort en Atterbury Trust loop al ’n lang paadjie saam – hoe het dit destyds begin, en hoe bly Eskort gereeld betrokke by die Trust se werk?

Ek was bevoorreg om na een van die eerste Versnit-konserte genooi te word en was nog altyd ’n bewonderaar van Francois van Niekerk, Louis van der Watt en Zahn Hulme se besigheidsvernuf en hul passie vir gemeenskapswerk. Ons skenk polonies en ander vleis aan hulle projekte en help waar ons kan om ander mense en instansies te beinvloed om dit ook te doen.

Wat is dit omtrent Terugploeg wat julle by Eskort aangegryp het, en hoe betrokke is julle?

Louis van der Watt en Lood Bester het ons uitgenooi om die bekendstelling van Terugploeg by te woon. Tydens die bekendstelling het ons besef dat Terugploeg die ideale sneller is om weer ’n wynprojek aan te pak en Terugploeg die begunstigde te maak. Ons gaan ook help om die regte kundiges beskikbaar te stel om te help met die ontwerp van die gebou, koelkamers en toerusting. Ons sal ook help met die opleiding van personeel.

Terug by Liberi – werk dit vanjaar dieselfde? Dus, Saronsberg bottel ’n unieke versamelaars-bottel wyn, wat julle dan ten bate van welwillendheidsorganisasies verkoop, reg? Hoeveel bottels, watter soort wyn, hoe besluit julle? Net een soort wyn, of meer?

Ek het weer met Nick van Huysteen en Dewaldt Heyns gepraat en gegewe die wye netwerk van weldoeners wat Terugploeg en Atterbury het, het ek hulle versoek om 10 000 bottels wyn aan ons beskikbaar te stel. Ek besef die volume is ambisieus maar is vol vertroue dat ons dit saam kan verkoop. Hulle het vir ons ’n uitstekende kwaliteit 2017 Pinotage Reserve vir die projek beskikbaar gestel. Ons beoog om R1 500 000 in te samel vir die Terugploeg, waarvan Eskort R500 000 sal skenk.

Die wynetikette het vanjaar skilderye deur die uiters talentvolle Kaapse beeldhouer en skilder Claudette Schreuders – en hulle is regtig besonderse figuurstudies. Is dit oorspronklike werke, of aanpassings van bestaande werk? Hoe is die bepaalde werke gekies? En hoekom hierdie kunstenaar spesifiek?

Ek het drie van Claudette se litograaf-kunswerke by ons huis. Omdat Sam Nlhengethwa se eenvoudige, kleurvolle kuns so suksesvol was op die 2020 projek het ek ’n kunstenaar gesoek wat ook eenvoudige, tog treffende werk doen. Claudette se werk het my dadelik opgeval. Ek het haar gekontak, vertel van laasjaar se projek en gevra of sy gratis die regte op ses van haar kunswerke vir ons beskikbaar sal stel. Sy het dadelik ingestem. Die litograaf afdrukke is beskikbaar om te koop by The Artist’s Press, artprintsa.com.

Hoe kry ek my hande op die 2021 Liberi wyn?

Die wyn sal einde Maart 2021 beskikbaar wees teen dieselfde prys as verlede jaar – R1 188 per kissie van ses bottels. Wyn kan reeds vooraf bestel word deur Atterbury Trust se Donasiewinkel en by Eskort se kantore in Irene (Leonika Peret – [email protected] 012 345 4452). Kaapse kliënte kan direk by by Saronsberg Kelder koop, deur [email protected].

 

*Neem asb kennis dat alle bestellings wat teen die 12de Desember 2021 geplaas word sal afgelewer word voor Kersfees en enige bestellings na die 12de Desember 2021 geplaas sal eers van die 3de Januarie 2021 afgelewer word.

Hello

Have A Promotional Code?

Billing details

South Africa

Additional information

Your order

Product
Quantity
Total
Cart Subtotal R0
Order Total R0
  • Atterbury Trust PayFast account

Title

Go to Top