21 Julie 2019, 16:00 – 17:30

R150 – R170

 

Ses Snare doen die afgelope paar jaar met groot sukses jaarliks ’n “Ses Snare Special” konsert by die Atterbury Teater. Die Snare nooi dan nog drie kunstenaars om te kom saam speel en vanjaar is Mathys Roets, Anna Davel en Jannie Moolman saam met die manne op die verhoog. Vanjaar gaan ses Snare die winter lekker warm maak met ’n konsert wat die beste musiek uit hulle meer as tien jaar se bestaan sal insluit, en dan sal elkeen van die gaskunstenaars en later almal saam met die Snare speel. Negentig minute se vuurwarm musiek soos mens altyd van Ses Snare kan verwag. Moenie wag nie, koop nou kaartjies by iTickets vir Sondag 21 Julie om 16:00.

Kunstenaars: Blackie Swart, Leon Ecroignard, Pieter Smith, MD Greyling, Peter Hovene, Rick Swart, Mathys Roets, Anna Davel en Jannie Moolman

 

21 Julie 2019, 16:00 – 17:30 Atterburyteater