19 Augustus 2018, 17:00 – 18:30

R160 – R180

Ses Snare het hulle eerste konsert in Augustus 2008 gehou, byna op dieselfde dag en datum as wat hulle 10 Jaar Later konsert op 19 Augustus by Atterbury Teater plaasvind.

Die afgelope 10 jaar het die Snare verskeie gedaanteverwisselings ondergaan, maar die onmiskenbare “Snare-klank” is steeds daar, en nog net so gewild soos altyd. Immergroen rock- en pop treffers kry die “Snare – behandeling” en kry ’n nuwe klank met ses stemme en kitare. Deesdae is daar ook perkussie by wat die klank nog meer besonders maak.

Kom luister op Sondag 19 Augustus na ’n spesiale 10 jaar verjaarsdagkonsert, ses Snare gaan van hulle gewildste musiek van die afgelope 10 jaar speel, met ’n paar verrassings ook ingesluit.

Die huidige Snare is Blackie Swart, Leon Ecroignard, Pieter Smith, MD Greyling, Peter Hoven en Rick Swart.

19 Augustus 2018, 17:00 – 18:30 Atterburyteater