16 Maart, 10:00 – 12:00

R170

Zelda le Grange sê “Verandering begin by onsself”. Negentien jaar lank was sy Nelson Mandela se regterhand. Sy het hom op reise vergesel, was sy woordvoerder en vertroueling. Haar titel was eenvoudig: persoonlike assistent. Hy was een van die grootste politieke figure in die nuwe millennium. Maar vir haar net Khulu (oupa). Vir hom was sy Zeldina. Met haar boek, Goeiemôre, Mnr. Mandela, het sy afskeid geneem. Sy kom gesels met ons oor hoe verandering plaasvind en dat jý dinge kan laat gebeur. Kom word geïnspireer deur haar stories en haar eie verandering “ van kokon tot mot”, het sy al self vir SARIE vertel. Zelda sal ook vrae uit die gehoor beantwoord na afloop van haar gesprek.

Johrné Van Huyssteen, Om die rok in die huis te dra: van Spreuke tot sosiale media. Johrné van Huyssteen was al by soveel openbare platforms betrokke dat hy vir baie Afrikaanse mense soos ’n ou vriend voel. Van sy verhoogdae saam met die musiekgroep ddisselblom destyds tot redakteur van DeKat Man, en dan was hy al ’n TV-aanbieder, radio-omroeper, skrywer en solosanger. Maar ’n ego het hy beslis nie en as jy met hom gesels, raak die praat só lekker dat die tyd vinniger aanstap as wat jy dink. Hy vertel aan SARIE: “Om die rok in die huis te dra gaan oor vroue se uniekheid, plek in die samelewing en die uitdagings van vandag. Die geskiedenis van vrouwees uit ‘n man se mond met ‘n goeie dosis Gestalt. En dis ’n vrouepraatjie omdat ek dink ek verstaan vroue beter as wat ek mans verstaan! Seker omdat ek met twee susters en ’n dominante ma grootgeword het. My pa is ook nie ’n manne-man nie. Die moeilikste ding denkbaar vir my om aan te bied is ’n manne-aand.” Dra die rok met trots al is dit ‘n broekpak.

16 Maart, Atterburyteater