4 Maart 2019, 19:00 – 21:00
7 Maart 2019, 19:00 – 21:00

R250 – R350

Die ballet bestaan uit 3 dele nl. 1) Romeo en Juliet, ’n ballet op die musiek van Tchaikovsky, gebaseer op die toneelstuk oor die familie twis tussen die Montagues en Capulets en die tragiese liefdesdrama van die jong Romeo en Juliet, deur William Shakespeare, een van sy gewildste werke wat deur die eeue menige komponis geinspireer het.

2) Die derde beweging van Tchaikovsky se Sesde Simfonie, ook bemoem as die Pathetique Symphony, wat beteken passievol of emosioneel. 3) Carmina Burana, ’n aanskoulike ballet op die musiek van Carl Heinrich Maria Orff nl. sy Cantata: Carmina Burana wat op 24 gedigte gebaseer. Die opening, O Fortuna, is ook bekend as die musiek van die Old Spice advertensie asook as die temalied van X Factor.

Dit word uitgevoer deur die beroemde dansers van die Royal Moscow Ballet, met die choreografie deur Anatoly Ameliov, die hoofdanser van die Bolshoi Theatre, wat gehore in Suid Afrika en oor die hele wêreld al vir baie jare bekoor.

Ons is bevoorreg om dit op 4 & 7 Maart 2019 om 19:00 by die Atterbury Teater te kan aanbied. Kaartjies kan by itickets bespreek word.

 

4 Maart 2019, 19:00 – 21:00 Atterburyteater
7 Maart 2019, 19:00 – 21:00 Atterburyteater