18 Junie 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Roan Ash is ’n liedjieskrywer/sanger van Pretoria met vele talente en ’n moderne “soul- pop-country styl.” Hy speel vanaf 2001 kitaar en het al die verhoog gedeel met kunstenaars soos Dan Patlansky, Matthew Mole, Jo Black, Jan Blohm, Koos Kombuis, Arno Carstens, Vusi Mahlasela, Glaskas, Klopjag, Robin Auld, Albert Frost en vele meer.

Hy het sy eerste CD, “The Traveller” in 2015 vrygestel en maak sedertdien groot opgang. In 2018 het sy “Whiskey To My Soul” platinum gegaan en is hy gekies deur Apple Music Nashville, as een van 5 Kunstenaars om deel te neem aan die National Country Music Campaign.

Roan was in 2019 genomineer vir ’n SAMA in die kategorie Beste Alternatiewe album van die jaar. Hy het ’n unieke verhoog persoonlikheid en sy  liedjies vertel stories wat gehore diep raak.

Hy beplan om in 2020 sy loopbaan in Nashville voort te sit. Kom geniet ’n aand saam met hierdie talentvolle kunstenaar.

 

18 Junie 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater