5 Augustus, 20:00 – 21:00

R140 – R160

Eendag lank, lank gelede het Rian van Heerden elke jaar ’n hoogs kontroversiële eenman produksie na die planke toe gebring. En toe? Wel, toe gaan maak hy moeilikheid op die ontbytprogram van Jacaranda FM vir ’n ruk! Byna 6 jaar later en kort na sy uittrede as berugte aanbieder van The Complimentary Breakfast bring Rian (ook bekend as “daai bliksem in die oggende”) ’n splinternuwe eenman vertoning na Innibos. Na ongeveer 1867 onderhoude doen Rian hierdie keer ’n uiters openbarende onderhoud met homself! Rian sal baie indringende vrae aan Rian stel en Rian sal heeltemal te eerlik antwoord. Van gewig verloor tot gays, van vuisgevegte en Moses tot saansdansers en tokkelossies, van Grieke tot Gouelokkies en wat regtig daardie aand in Mexico City gebeur het! Verwag ’n vertoning wat soos gewoonlik iemand die saaldeur sal laat toeklap in verontwaardiging. Maar dis maar hoe ons hom ken of hoe?

Maak seker dat jy nie hierdie vertoning misloop nie. Of loop dit mis, hy gee nie eintlik meer om nie!

5 AugustusAtterburyteater