Skip to content
Menu
Menu
Kategorie:

Terugploeg – hulp wat werk

Terugploeg is ‘n voedselverspreidings- en gemeenskapsopheffingsinisiatief wat bestuur word deur Atterbury Trust in samewerking met ‘n netwerk van weldoeners en vrywilligers in die landbousektor. Terguploeg poog sedert 2020 om by wyse van voedselverspreiding, indiensopleiding en werkskepping op ‘n verantwoordbare wyse die behoeftige Afrikaanse gemeenskap op te hef. Met die insette en donasies van groothartige boere is daar aanvanklik tonnemate vars vrugte, groente en wildsvleis geskenk en daarna verantwoordbaar versprei aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe. Met die oprigting van ‘n fasiliteit buite Pretoria is die eerste stap geneem om oor die langtermyn ‘n volhoubare proses te ontwikkel waarby voedsel effektiewelik versprei kan word en gemeenskappe opgehef kan word.

Minimum prys: R250.00