Atterbury Foundation NPC
Atterbury Foundation NPC word in tandem met die Atterbury Trust bestuur en is ‘n Vlak een B-BSEB gesertifiseerde nie-winsgewende maatskappy. Alle bydraes aan die Atterbury Foundation NPC kwalifiseer vir B-BSEB telkaartdoeleindes.
Ondersteun asseblief die impakvolle werk van die Atterbury Foundation NPC deur ons te vertrou met u verpligte B-BSEB bydraes. Projekte fokus hoofsaaklik op opvoeding, voedselverskaffing aan weerlose gemeenskappe en gesondheidsorg.
Die Atterbury Foundation NPC ondersteun tans 24 voorheen benadeelde studente met tersiêre beurse, bestuur die Startwell voedingsinisiatief teen groeibelemmering waar meer as 2 647 kinders by 63 vroeë ontwikkelingssentrums ‘n daaglikse maaltyd ontvang wat al die voedingstowwe bevat soos vereis deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en is betrokke by die ondersteuning van ‘n aantal kleuterskole.
