15 Desember 2018, 19:00 – 21:30

R150

As kinders kon ons nie wag vir die vakansie die einde van die jaar nie, natuurlik die Kersvakansie! Op die laaste skooldag van laerskole het al die klasse partytjie gehou. Al die kinders, wat dit kon bekostig, het dan lekkernye gebring en en sommige het selfs ’n radio skooltoe geneem om musiek te verskaf.

Dit het die atmosfeer van die vakansie ingelui want dan wasdaar altyd musiek in die agtergrond. My oom het altyd een of twee langspeelplate elke maand gekoop en as as dié wat hy wou koop nie beskikbaar was nie het hy dit van oorsee bestel.

Steve’s Records in Marabie, Jerusalem Straat was die plek om te wees. Die aangrypende stories van die turbulente strate van Marabastad , op die noordelike buitewyke van Pretoria moet liewer oorgelaat word aan die kleva (wyseman) in sy Floorsheim Vikings.

Ou Krismis was die beste dag van alle dae, die neefs en niggies, anties en ooms het almal by Ouma se huis bymekaar gekom. Ouma sou vir een van die anties vra: “Het julle die tong gekoop ?”Die ooms het op die agterstoep gesit  en na al die oldies geluister en gewissel tussen Motown en die Sound van Philly.

Dit laat mens dink aan kunstenaars soos Herold, Mervin and Blue Notes, Jackson 5, Billy Paul, Barry White, Teddy Pendergrass om net ’n paar te noem .

Laat Brown Suga en vriende julle terugneem na daardie Ou Krismis aand by ouma se huis….

15 Desember 2018, 19:00 – 21:30 Atterburyteater