7 Augustus 2019, 20:00 – 21:30

R200

 

Die man wat die land se harte roer spring in 2019 in ’n OPTOG!-kombi!

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert sy debuutalbum in 2014 die Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Hy skryf en sing roerende sielsmusiek wat jou nooi om jou hart oop te maak en saam te reis deur al die aspekte wat van jou mens maak. As kunstenaar, glo hy dat musiek die krag het om emosie weer te gee, wat jy nie altyd in woorde kan uitdruk nie.

Someraarde is die naam van die album wat hy vroeg in 2019 bekendstel en dus ook die titel van die produksie wat hy en sy orkes vir OPTOG! sal aanbied.

In sy eie woorde: “Dit bestaan uit ‘n versameling liedjies en stories wat geput is uit ervarings in my lewe en die lewens van mense rondom my. Ek vermoed hoop en vrede is ‘n plek wat mens net binne jouself moet vind… en wanneer mens dit vind raak die plekke waar mens beweeg, ongeag van die fisiese omstandighede, kleurryk en vreedsaam. Dis nie te sê ek kry dit reg nie, maar dis vir seker ‘n diepe hoop.”

Joshua na die Reën se bekendste liedjies is Die wêreld binne my en Lig op die Horison.

 

7 Augustus 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater