6 September 2019, 20:00 – 21:30

R180

Regie, teks en musiek deur Nico Scheepers.

Die volgende aflewering in Sandra Prinsloo se driekuns van eenpersoon-produksies wat so beeldskoon voorafgegaan is met Die Naaimasjien en Oskar en die pienk tannie.

Vir die derde keer vertel Prinsloo ’n gewone mens se eenvoudige verhaal. Nellie se verhaal. ’n Rou en hartroerende reis deur die lewe, gevul met liefde, humor en leed. Asook die tragiese verlies aan woorde wat met dementia gepaard gaan. Jy gaan lag, jy gaan huil.

6 September 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater