18 Maart 2019, 20:00 – 21:30
19 Maart 2019, 20:00 – 21:30

R240

Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus! Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG! Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree. Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux,maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

 

18 Maart 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater
19 Maart 2019, 20:00 – 21:30
Atterburyteater