5 April 2019, 20:00 – 22:00

R170 – R190

Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers. Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.

Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie: dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo. Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller. De Villiers het die musiek gekomponeer.

Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.

 

5 April 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater