3 Augustus 2019

Ons droom van ‘n baie spesiale Vrouedagvriendskapoggend saam met @AtterburyTrust se vrouestudente en wyse, ervare vroue wat hulle kan mentor en betrokke raak in hulle lewens, word waar. Groot dankie aan die talentvolle @LizeBeekman, wat haar hart vir ons oopgemaak het en vir almal wat saam met ons gekuier het. Ons sĂȘ ook dankie aan Karina Bernard vir die pragtige blomme, Stephnie Stander vir jou organisasie en die heerlike “High tea” versnaperinge, die span by die @AtterburyTeater wat alles altyd laat werk en aan Isabel Carstens-Roos se Isa-span vir al die bederf en verrassings! #onsgeeom ?

29 Julie 2015 van ons facebook blad

Atterbury Trust het hul 67 minute vir #Madibadag by Booysens Beertjies kleuterskool spandeer en GROOTFM 90.5 het hul vergesel. Booysens is die area waar Atterbury Trust in samewerking met Solidariteit Helpende Hand besig is om ‘n Gemeenskapsentrum op die been te bring.

Daar is hamburgers gebraai, sappies uitgedeel, ‘n springkasteel het ure se vermaak besorg en ‘n pinata propvol lekkergoed het behoorlik gesorg dat glimlaggies heeldag bespeur kon word.